Om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk, of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, ondersteun en help ons mekaar om ons geloof te verdiep.
Dit lei ons dan tot ’n verdere verkenning van hierdie heerlike gawe van God – Homself. Die woord ‘Eucharistie’ kom van die Griekse woord ‘eucharistia’, wat “danksegging” beteken. Dit word gebruik in die konteks van Jesus wat dank uitgespreek het by die instelling van die Eucharistie tydens die Laaste Avondmaal:
“Toe neem Hy brood, en nadat Hy gedank het (eucharistēsas), het Hy dit gebreek en aan hulle gegee met die woorde: ‘Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Doen dit tot my gedagtenis.’”
(Luk 22:19).
Dit weerspieël die Eucharistie as ’n daad van danksegging aan God vir die gawe van Christus se Liggaam en Bloed, en maak dit die bron en hoogtepunt van die Christelike lewe. Al die ander sakramente en aktiwiteite van die Kerk is met die Eucharistie verbind en daarop gerig. In die Allerheiligste Eucharistie is die hele geestelike rykdom van die Kerk teenwoordig – naamlik Christus self, ons Pasga-Lam (1 Kor 5:7)
[7]. Op die aand van Heilige Donderdag het die Here Jesus ook die priesterskap van die Nuwe Verbond ingestel. Hy het aan Sy Apostels – en hul opvolgers – die opdrag gegee om hierdie heilige misterie te vier. In Handelinge 2:42 sien ons byvoorbeeld dat dit die Apostels was wat “die brood gebreek het” en sodoende die gelowiges in staat gestel het om aan Sy kosbare Liggaam en Bloed deel te hê. Die priesters van die Katolieke en Ortodokse Kerke is deel van hierdie noodsaaklike
opvolging vanaf die Apostels self. Dit is deur Jesus ingestel sodat die Kerk haar pastorale sending sonder onderbreking kan voortsit tot op die dag van Sy wederkoms [8].
Slegs die gewyde (“ordained” in Engels) priester, wat deel is van hierdie opvolging, het die vermoë
om deur die aanroeping van die Heilige Gees die brood en wyn te konsikreer, sodat dit die
Liggaam en Bloed van ons Here Jesus Christus word. “Die gelowiges neem deel aan die offer van die Eucharistie op grond van hulle koninklike priesterskap” [9] vgl. 1 Pet. 2:9, maar dit is die gewyde priester wat, “deur in die persoon van Christus op te tree, die Eucharistiese Offer bewerkstellig en dit aan God aanbied namens al die mense” [10]. Om hierdie rede skryf die Kerk voor dat slegs die priester die Eucharistiese Gebed mag uitspreek, terwyl die mense in geloof en stilte deelneem. Hierdie “in persona Christi” beteken nie bloot “in die plek” van Christus nie, maar dui op ’n spesifieke sakramentele vereenselwiging met die Ewige Hoëpriester, ons Here Jesus – Hy wat die oorsprong en middelpunt is van hierdie offer, ’n offer waarin, in waarheid, niemand Hom kan vervang nie [11]. Pius XII som dit goed op wanneer hy sê: “Die bedienaar van die altaar [waarop die offer van Christus weer voorgestel word] tree op in die persoon van Christus in dié opsig dat hy as hoof optree, en die offer bring namens die lede [van die Kerk]” [12].
In die heilige Mis (afgelei van die Latynse woord missa, wat verwys na die byeenkoms van die gelowiges vir die Liturgie van die Woord en die Eucharistiese Offer op Sondag en verkieslik elke dag van die week — vgl. Mal 1:11 — asook na die uitstuur van die gelowiges in die wêreld om die Evangelie te leef), bied die priester, in gehoorsaamheid aan sy biskop, die Liggaam en Bloed van hulle Here Jesus aan die gelowiges. In die Eucharistie verteenwoordig die priester die eenmalige
offer van Jesus aan die kruis, en verkondig Hy Sy dood en opstanding totdat Hy weer kom (1 Kor 11:26). Met ander woorde, die priesterskap is noodsaaklik vir die geldigheid van die Eucharistie en vir die gelowiges om ten volle die genade en seën van die Here daaruit te ontvang. Soos St. Johannes Paulus II so mooi gesê het: “Werklik, in die Eucharistie toon Hy ’n liefde wat ‘tot die uiterste’ gaan (vgl. Joh 13:1), ’n liefde wat geen perke ken nie.” [13]. Mag ons die Here Jesus in die Eucharistie herken, net soos die Emmaus-dissipels Hom herken het toe Hy ná Sy opstanding aan hulle verskyn en die brood voor hulle gebreek het (Luk 24:30-31).
Get in Touch

Adres: Howick, Suid Afrika
Kontak besonderhede: 065 809 0258 / 072 606 1661
E-pos: info@catholicnetwork.co.za
© 2026 catholicnetwork.co.za
