Katolieke Network Suid Afrika

 Katolieke Netwerk Suid- Afrika

Catholic Network South Africa

Catholic Network South Africa

Catholic Network

 

Katolieke apologie, ondersteuning vir bekeerlinge en nationale netwerk 

 

Ons missie

Om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk, of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, ondersteun en help ons mekaar om ons geloof te verdiep.

Die Kerkjaar bied aan Christene die unieke geleentheid om deur middel van die liturgie en hulle allerdagse lewe deel te neem aan die Groot Verhaal van Jesus Christus en die Ekonomie van Verlossing. Die Kerkjaar is ‘n wyse waarop Christene hulle tyd kan heilig en toewy aan God.

 

Advent dan is ‘n besondere tyd van voorbereiding en herdenking. Christene kyk met verwagting vooruit na die Wederkoms van Jesus Christus terwyl hulle geanker in die geboorte van Jesus terug kyk na eerste koms van die Emmanuel-Kind. Dit is dan ook gepas dat die eeste Sondag van Advent die begin is van die Christelike Kerkjaar. Advent begin vier Sondae voor Kersdag, die 25ste Desember. Dus is Advent ‘n voorbereiding vir Kersfees self – die koms van die Messias. Die woord ‘advent’ kom van die Latynse woord: ‘adventus’ wat letterlik ‘naderende koms’ beteken.

 

As ‘n tyd van voorbereiding, is Advent ‘n seison van selfondersoek. Soortgelyk aan die Lydenstyd is Advent dan ook ‘n seisoen van vas, boetedoening en gee, daarom is dit gepas dat die liturgiese kleur vir Advent violet of pers is. Deur die liturgiese kleurskema van violet of pers herinner Advent Christene ook aan die rede waarom die Messias gekom het, naamlik om te kom ly. Pink word wel as ‘n kleur van vreugde gebruik op die 3de Sondag van Advent. Koningsblou word soms ook tydens Advent gebruik as ‘n simbool van hoop.

 

Tradisioneel word elkeen van die 4 Sondae voor Kersdag aan ‘n besondere tema gewy. Die 1ste Sondag is die Sondag van Hoop. Die 2de Sondag is Sondag van Vrede. Die 3de Sondag staan bekend as Gaudete Sondag, of te wel Vreugdesondag. Die laaste en 4de Sondag van Advent dra dan gewoonlik die tema van Liefde.

 

As simbool van voorbereiding en afwagting, steek Christene gebruiklik op elkeen van hierdie opeenvolgende Sondae ‘n kers aan. Op hierdie wyse tel Christene ast ware die dae af tot die koms van die Messias - Kersdag die 25ste wanneer tradisioneel ook die Christus-kers aangesteek word. Tydens Advent maak baie Christene ‘n Adventskrans. Hierdie Adventskrans word gewoonlik van groen denneloof in ‘n sirkel gevleg. Die 4 Adventskerse word al om die sirkel gespasieer, met die Christus-kers in die middel. Tydens die kerkdiens of huisgodsdiens, word die gepaste aantal kerse telkens aangesteek.

 

Hierdie en talle ander gebruike bied aan Christene die geleentheid om Advent sigbaar en tasbaar te maak in hulle huishoudings en lewens.

 

Maranata! Kom Here Jesus kom gou!

 

01

Features

Page title

Add your business motto by double clicking

Get in Touch

2025

3 konferensies waarvan die plek en tyd binnekort aangekondig sal word!