Katolieke Network Suid Afrika

 Katolieke Netwerk Suid- Afrika

Catholic Network South Africa

Catholic Network South Africa

Catholic Network

 

Katolieke apologie, ondersteuning vir bekeerlinge en nationale netwerk 

 

Ons missie

Om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk, of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, ondersteun en help ons mekaar om ons geloof te verdiep.

Noag se Ark, Judas wat doop, en hoe om twyfels oor geestelikes en die Katolieke Kerk te hanteer.

Deur Elna van Coller


Daar is inderdaad niks nuuts onder die son nie, en vir diegene wat kla oor sekularisasie en modernisme in die Kerk, kan terugkyk na die 4de – 6de eeue en die Donatiste1 wat verklaar het dat die geldigheid van 'n sakrament afhang van die waardigheid of heiligheid van die biskop of priester wat dit uitvoer. 
Sint Augustinus het geantwoord dat die geldigheid van sakramente nie afhanklik gemaak kan word van die waardigheid van die een wat dit bedien nie. As dit die geval sou wees, sou alle Christene voortdurend twyfel oor die geldigheid van hulle eie doop of van die kommunie waaraan hulle deelgeneem het.
Sint Augustinus sê verder in Traktaat 5 oor die Evangelie van Johannes dat wanneer ons die dissipel Judas en Johannes die Doper vergelyk sien ons die volgende: As 'n doop deur Judas gegee is, dan was dit die doop van Christus, aangesien hy deel was van die oorspronklike 12 dissipels wat opdrag gegee is om te doop. Maar as 'n doop deur Sint Johannes die Doper gedoen is, dan was dit die doop van Sint Johannes. Dit is belangrik om daarop te let dat hoewel die Kerk nie Judas bo Sint Johannes verkies nie, verkies ons die doop van Christus wat selfs Judas toegelaat is om te bedien, bo die doop van Sint Johannes, wat deur Sint Johannes en sy dissipels gegee is.
Sint Johannes het nie die doop van Christus bedien nie, maar sy eie, want dit is die manier waarop hy dit ontvang het. Maar die mense wat deur Sint Johannes met hierdie minderwaardige doop gedoop is, moes herdoop word, terwyl die mense wat deur Judas gedoop is, nie herdoop hoef te geword het nie, want dit was die doop van Christus wat deur Judas bedien is.  Dit beteken dat as enige sakrament afhang van die heiligheid van enige bedienaar dan is almal wat deur Judas gedoop is in die moeilikheid. Maar die krag van die doop of enige sakrament vir daardie saak, is nie die krag in die bedienaar of in jou, die ontvanger nie. Maar dit is die krag van die heiligheid van Christus wat saak maak vir die geldigheid van die doop of 'n sakrament. Daarom kon Jesus belowe dat jy is Petrus; en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Ex opere operato is 'n Latynse frase wat beteken dat, met verwysing na sakramente, hierdie sakramente hul doeltreffendheid nie van die bedienaar (priester of biskop) of van die ontvanger verkry nie, maar van die sakrament self, onafhanklik beskou van die verdienste van die bedienaar of die ontvanger. Volgens die ex opere operato-interpretasie van die sakramente kom enige positiewe effek nie van enige menslike waardigheid of geloof nie, maar van die sakrament as instrument van God.  Dit is hoekom ons ex opere operantis en ex opere operato het. Katolieke tradisie meen dat die sakramente nie hul effek het op grond van die een wat die handeling uitvoer nie, maar deurdat die handeling bloot in geloof gedoen en ontvang word. Dit impliseer nie dat die sakramente toweragtig is nie. Dit beteken bloot dat die sakramente gawes van God is en dat Hy getrou aan die Kerk gee wanneer ons ook al vra vir wat ons nodig het.
Net so kan ons kyk na die vergelyking van die Kerk met Noag se Ark. As iemand nie daarop was nie, dan het hy omgekom. Op Noag se Ark vind ons dat daar beide rein en onrein diere was. Net so is die Kerk, soos die Ark, nodig vir redding van die vloedwaters (die wêreld) en bevat dit beide die reine en die onreine. In Matteus 13:47-53 sien ons die net (die Kerk) in Jesus se eie woorde beide goeie en slegte visse bevat.
Die volgende vraag is dan hoe om die reinheid van die Kerk te behou. As ons kyk na Gen 8:6-12 sien ons beide 'n kraai en 'n duif wat uit die ark gestuur word, en terwyl die kraai verdwyn keer die duif terug. Die onreines sal eenvoudig die Kerk verlaat en die reines sal na die Kerk terugkeer om ander op hul beurt te ondersteun.

01

Features

Page title

Add your business motto by double clicking

Get in Touch

2025

3 konferensies waarvan die plek en tyd binnekort aangekondig sal word!