Katolieke Network Suid Afrika

 Katolieke Netwerk Suid- Afrika

Catholic Network South Africa

Catholic Network South Africa

Katolieke apologie-ondersteuning en

nasionale netwerk 

 

Om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk, of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, ondersteun en help ons mekaar om ons geloof te verdiep.

Welkom by ons webtuiste

 
Network members
 
About
 
Find a fellow pilgrim
 
Artikels
 
Artikels

Vind `n geloofs-

genoot

Vind iemand naby aan jou om saam met jou die geloofs reis te stap

Deel jou geloofs

verhaal

Deel jou geloofsverhaal met ons, sodat ons ander mense kan inspireer

Raak betrokke as 'n netwerk lid

Word `n geloofs genoot om ander op hul reis na die Katolieke kerk te ondersteun 

Boekresensie

Bishop Kallistos ware

The Jesus Prayer

Beskikbaar by

"Here Jesus Christus, Seun van God, wees my, ’n sondaar, genadig."

Die Naam van Jesus, die enigste Naam wat aan ons gegee is vir verlossing (Hand. 4:12), die Naam voor wie elke knie sal buig (Fil. 2:9-11), is die middelpunt van die Jesusgebed. Dis 'n gebed (ook ’n metode van gebed) wat die verstand en gees kalmeer deur  mediteering op Jesus in Sy volle persoon, Sy ware goddelikheid en ware menslikheid.

Die gebed fokus op ons Here Jesus, die Here van alle Christene. Baie Westerse (Katolieke) en Oosterse Christene word dus aangemoedig om die gebed te gebruik.  Biskop Ware  verwys ook na die Westerse mistikus St. Bernardus van Clairvaux, wat ’n liefde gehad het vir die Heilige Naam (bl.12), en werke soos Die Wolk van die Onbekende (14de eeu) en St Johannes van die kruis se Die Donker Nag van die Siel (16de eeu), wat positief geskryf het oor hierdie gebed soos die Jesusgebed.

Biskop Kallistos Ware (1934-2022) was ’n Britse teoloog en Ortodokse Biskop. Beide Katolieke en Ortodokse Christene het hom gerespekteer, en hy het nuttige boeke geskryf oor Oosterse Christelike teologie en spiritualiteit, insluitend hierdie klein maar bondige uitgawe oor die Jesusgebed.

Die boek het kort maar propvol hoofstukke wat die essensiële aspekte van die gebed ondersoek, insluitend die vier "drade” die hoofdoeleindes daarvan, die ontwikkeling daarvan in die Kerkgeskiedenis, en uitstekende insigte in verband met die Drie-eenheid en die Sakramente. Biskop Ware gee ook praktiese maniere om die gebed in ons daaglikse lewens te beoefen.

Ons beveel hierdie kort boek, sterk aan. Dit sal jou geestelike lewe verryk en, uiteindelik, ook jou daaglikse lewe. Jy sal verder ook ’n groter waardering ontwikkel onder Katolieke bevorder vir ons Oosterse broers en susters en hulle toewydingspraktyke.

 

 

 

Inspirerende Geloofsverhale

Die rou en eerlike bekerings verhaal van Marco van der Ryst
My naam is Marco Van der Rÿst, ek is ‘n Afrikaanse Katoliek. Ek is 26 en ek bly in Durban Noord.
My familie was ‘n baie sterk NG Kerk familie van dat ons familie in die land aan gekom het in 
die 1840-50s. Ek is baie dankbaar vir my lewe in die NG Kerk want dit het my na God toe
gebring en my die regte waardes geleer. Soos ek vir my familie en vriende gesê het dat ek 
bekeer het na die Katolieke Kerk het ek ook bygevoeg dat ek niks teen die NG Kerk het nie.
Ek weet nie wanneer die saadtjie geplant was nie maar ek het geleer van die Katolieke Kerk 
van dat ek baie klein was want ek het altyd van geskeidenis gehou veral van Europa so ek het 
respek vir die Katolieke Kerk gehad van kleins af en gelukkig was my familie was nie van 
daardie Afrikaanse families wat so veel haat het vir die Katolieke kerk nie so dit het my gehelp 
om deur sekulêre geskiedenis meer te leer oor die Katolieke Kerk. In 2016 toe ek in graad 12 
was, het ek op n vakansie na Italie toe gegaan. Ons was in Rome en het ook na Vatikaan toe
gegaan. Die Vatican Museum was baie mooi maar dit was toe ons gaan na St. Peters Basilica 
toe gaan waar ek so vuilig gevoel het, asof ek by die huis was en of ek daar moes bly. Ek het 
daar van ver af my eerste Heilige Mis gesien, maar ek het nie deel geneem nie. Ek het toe 
onder die Basilica in gegaan waar die verskillende Pouse se grafte is en ek het toe gaan soek 
na die graf van Pope Leo X wie Pope was toe die Protestantse reformasie begin het en toe ek 
dit gekry het was ek alleen daar onder en ek staan to langs sy graf en dink dat ek wonder wat 
my voorvaders sou se as hulle kon sien langs wie ek staan (min het ek geweet dat ek Katoliek 
sou word )!
‘n Paar jaar loop aan en ek gaan toe Durban toe om te studeer en toe in 2019 op die 16de 
April toe ek die TV aan sit sien ek dat Notre-Dame amper heeltemal af gebrand het. Ek was 
so geskok toe ek dit sien en ek toe meer en meer videos van daardie aand gaan kyk. En by 
baie van daardie videos was daar een liedjie wat ek die heeltyd gehoor het ek het toe
navorsing gedoen en die liedtjie se naam was “je vous salue Marie”. Ek het dit afgelaai op my 
foon en ek het amper elke dag geluister sonder dat ek geweet het dat dit die “Hail Mary” in 
Fraans was! So toe in die nuwe jaar (2020) aan die einde van January het ek toe n baie sterk 
“pull” gevoel na die Katolieke Kerk toe en ek het toe gaan kyk waar die naaste Katolieke Kerk 
was hier in Durban en ek kry toe vir “Our Lady of Fatima Parish Durban-North” en het toe op 
die parogie se Facebook-blad ‘n boodskap gestuur en gevra of ek na ‘n Sondag Mis toe kan 
kom om te kyk hoe dit is en dat ek wil bekeer na die Katolieke Kerk. Toe ek daar aankom en in 
die Kerk instap toe voel ek dieselfde wat ek gevoel het in St. Peters Basilica – ek weet toe ek 
moet hier wees en bly en die “rest is history” soos hulle se. As ek terug kyk na alles dan kan 
ek met vol vetroue se dat onse Moeder Maria het my terug gebring na haar Seun se Kerk toe 
en ek kyk nie terug nie. Ek gaan nie lieg nie, dit was moeilik vir my want ek het al my Afrikaanse 
vriende hier in Durban verloor want hulle het nie my besluit aanvaar nie en ek is alleen hier in 
Durban want my hele familie en al my Afrikaanse vriende is nog in Newcastle.
En my liefdeslewe het ook moeiliker geraak want ek is nou deel van n heeltemaal verskilende
kultuur, naamlike ‘n meer Engelse kultuur. Ek het Afrikaans groot geword so ek wil met n 
Afrikaanse vrou trou en ons kinders Katoliek groot maak ek weet dit gaan baie moeiliker wees 
vir my maar soos ek geleer het deur my bekering - alles is moontlik met God se hulp en al het 
ek so veel "situations" soos my Afrikaanse vriende wat nou weg is of dat ek nou meer sukkel 
met my liefdeslewe ek sal nooit die Katolieke Kerk verlaat nie want dit is God se Kerk en dit is 
waar ek moet wees.
So as jy voel jy wil bekeer doen dit want dit sal een van jou beste besluite ooit wees!