Wie is ons
Die Katolieke Netwerk Suid-Afrika het ten doel om by te dra tot die eenheid en krag van die Katolieke Kerk. Ons is 'n netwerk van bekeerlinge, terugkeerders en getroue Katolieke wat toegewy is om mekaar en ons geestelike groei te ondersteun.
Ons missie is om diegene te dien wat navraag doen oor die Katolieke Kerk of lid daarvan wil word. Deur ons landwye netwerk van ondersteuners, wil ons 'n gemeenskap bied aan bekeerlinge of terugkeerders, wat hulle kan help en ondersteun op hul reis.
Hierdie netwerk en gemeenskap vervang nie die formele opnemings proses (Orde van Christellike Inisiasie van Volwassenes of Order of Christian Initiation for Adults, OCIA) nie. Dit bied sosiale en emosionele ondersteuning om mense te help om die antwoorde te vind waarna hulle soek. Bekeerlinge gaan soms deur baie uitdagende tye en word deur vriende en familie veroordeel. Sluit by ons aan om die waarheid, skoonheid en goedheid van die Katolieke geloof te ontdek.